
STUUR JOU VERSOEKE HIER!

Vir Sy Mense, Aan Sy Mense


Hein Van Wyk

Francois Coetzer

Didi
OMROEPER | KAAPSE DRAAI
OMROEPER | KAAPSE KONTREI
OMROEPER | KAAPSE KONTREI
Uiteindelik word my groot droom bewaarheid met Kaapstad Radio. Alle dank aan my Hemelse Vader dat Hy my op hierdie laat stadium van my lewe die voorreg gee om hierdie passie en droom van my ‘n werklikheid te maak.
So bietjie meer oor myself. Ek het op die Platteland groot geword; in die hartjie van die Karoo. Dit is daar op Strydenburg waar my liefde vir die Radiowese in my hart begin groei het. Ek het maar nog altyd ook ‘n baie groot liefde vir Musiek gehad & natuurlik is ek mal oor Afrikaanse Musiek en veral ook die ou afrikaanse treffers.
Wat kan jy van my verwag op Kaapstad Radio. Ek strewe daarna; om veral wanneer dit by Radio kom so professioneel as moontlik in my aanbieding te wees. Wanneer mens ‘n passie vir iets het en jy is lief vir wat jy doen; doen jy dit met oorgawe en profesionaliteit. Vir eers gaan ek verantwoordelik wees om vir jou al die Nuus te bring op Kaapstad Radio & dan natuurlik gaan ek verantwoordelik wees vir jou huistoe ry program op Kaapstad Radio genaamd KAAPSE DRAAI saam met Hein.
KAAPSE DRAAI saam met Hein sal fokus op natuurlik Musiek; Nuus; Jou Weer en Verkeer; Bespreking van die dag se Nuus; Sportnuus; Fliekrubriek en laaste maar nie die minste nie, VERMAAKLIKHEIDS NUUS.


Ek Love mense en om mense te laat lag.
Ek doen al vir die afgelope 5 jaar internet radio werk en so 'n jaar terug saam met my partner in crime Annette begin om "die volk" te entertain met nuus, onderhoude en "live" shows.
Ek lewe vir elke dag, probeer nie vooruit dink nie sodoende geen verwagting en spaar ek myself onnodige seer. Wan tjy eet mos 'n olifant stukkie vir stukkie! Dit is 'n voorreg om aan te kon sluit by die Kaapstad Radio span en soos ons logo se, ons is hier vir ons mense aan ons mense.
Sien uit na daarna om jou lewe in te kleur!

Loui Fish
Amanda Botha
Annelie Asaram
** FRANCOIS COERTZE gebore in Johannesburg, groot geword in die Durban se suidkus Amanzimtoti, rugby gespeel in Engeland en sy vlerke kom sprei in Kaapstad.
FRANCOIS is 'n profesionele akteur woonagtig in Wellington Wes Kaap. Hy het 'n groot liefde vir drama en kuns en het talle produksies in sy profesionele loopbaan agter sy naam, soos:
Die Pelsloper, Modder en Bloed, Van Der Merwe, Woodenbox en vele ander kort verhale
FRANCOIS het ook verskeie tv titels onder die beld nl:
Die Byl, Suidooster, Waterfront, Fynskrif,
En die speurder in 7 de Laan – Inspekteur Carelsen
Internationaal is hy te sien in:
Call the Midwife 2016, (UK)
Black Sails, (US)
Homeland, (US)
Hy het ook ‘n groot liefde vir teater en het ‘n teater-groep begin in Paarl met die naam, THAT WAC theatre group. Hul laaste vertoning het vir 4 maande gespeel tussen Paarl se Ou Meul teater en Drostdy Teater in Stellenbosch.
Hy was en is nogsteeds heel sportief en het onderandere sy SA klere in korfball behaal en semi-provinsiaal rugby gespeel. Wanneer hy hom nie voor ‘n kamera vind nie, hardloop hy rond vir die SA Rugby legends op aangeleenthede, of “TAG-rugby” van tyd tot tyd. **
OMROEPER | KARMENAADJIE
OMROEPER | INGESPREK MET
OMROEPER | KARMENAADJIE
Na nege jaar wat ek n breuk gevat het van die vermaaklikheids bedryf is ek Meer as opgewonde om by die Kaapstad Radio familie aan te sluit.
My jare as model en TV aanbieder by Kyknet se Glitterati en Tonge Los Sal ek altyd in my hart koester, Maar ek sien vreeslik uit na die nuwe avontuur.
Hier is n bietjie meer agtergrond oor my.
Ek het groot geword in die Paarl en daar gebly tot op 22 toe ek my geboorte dorpie verruil het vir die "big city lights" van Durban. Na dit was daar geen stop aan die vissie nie. Van daar was Italy en London my huis vir 10 jaar en die twee Liefdes van my lewe, my seuns Luke en Zeke gebore.
Ek was nog altyd lief vir die vermaaklikheids bedryf en sy mense.
Dinge wat ons luisteraars Kan na uitsien op my program Kaapse Karmenaadjie is lekker klets, onderhoude met ons bekendes, goeie musiek en Dan natuurlik my Mercia Mafia show op n Vrydag met my oud kollega Gavin Wildschutt-Prins van Glitterati en Tonge Los faam.
Maak reg vir baie lag, partykeer bietjie huil en die beste geselskap op Maandae, Woensdae, en Vrydae tussen 12. 00 en 15:00.
Ek sien baie uit daarna om saam met jou in jou huis, motor en kantoor te kuier.
Groete, liefde
Ek het Februarie 2019 na die Weskaap verhuis, en nooit besef dat my lewe so handomkeer sou verander nie. Na 23 jaar in die vliegindustrie (as Lugwaardin), het ek by n Facebook TV kanaal "Sielskos" aangesluit as een van hul aanbieders.
In 2020 het ek en my vriendin Annelie ons eie geselsprogram op Facebook begin, genaamd "Chatterbox Amanda Annelie" - wat aanvanklik net n geselsprogram met vriende sou wees, het gegroei tot n bestaande program waar ons mense regoor die wereld kan bereik en bemoedig. As NLP Lewens- asook Verhoudingsafrigter, is ek bevoorreg om my ervarings /hulp met mense te kan deel
Dit is n groot voorreg om nou ook deel te kan wees van die Kaapstad Radio-span, waar ek as mede-aanbieder saam my vriendin Annelie, elke Donderdag middag agter die mikrofoon in te kan skuif en heerlik saam ons luistenaars te kan kuier (Kaapse Karmenaadjie)


Andy Sim
Ilze De Brandt
Ek is lief vir my lewe, vir die Kaap en mense!
Ek wou nog altyd graag vlieg en my droom is bewaarheid en ek word aangestel as Kajuit bemanning vir die Suid Afrikaanse Lugdiens in 1985. Sedertien het ek deur die wereld gereis en het ek met so baie kulture te doen gekry. N Loopbaan wat ek n 1000 maal sal oordoen! Ek het ook baie interessante en bekende mense ontmoet, en was bevoorreg om as Bemannings Bestuurder vir Nationwide, Mango asook Interair te werk. My vlerke word geknip toe ek in 2011 met Borskanker gediagnoseer word en het my behandeling suksesvol oorleef. Ek is 'n voorspraker van Kankerbewustheid en het al die geleentheid gehad om verskeie mense te motiveer wat met hierdie verwoestende siekte stoei. . As jy my moet vra hoe ek dit
reggekry het om 'n agressiewe vorm van kanker te oorleef, moet ek erken dat dit is 'n "question of mind over matter" en ook natuurlik die heel belangrikste is, om alle eer te gee aan my Hemelse Vader en om omring te wees deur hartsmense wat my liefhet.
Ek is 'n borrelende persoon en jy kan my altyd uitken aan my positiewe gesindheid teenoor die lewe. Ek "love" dit om 'n verskil in mense se lewens te maak. Om 'n radio aanbieder te wees is net nog 'n droom wat verwesenlik is! Kaapstad Radio se famielie is wonderlik!

Godfrey Williams
OMROEPER | ACCROSS THE MERSEY
OMROEPER | TOEKA SE TREFFERS
OMROEPER | KAAPSE COUNTRY
I have been involved in music in one way or another for about 35 years or so. Starting out doing private house parties, I then became a professional DJ in the exciting Cape Town club scene of South Africa.
I moved back to the United Kingdom in the mid 1990's and like a lot of ex Club DJ's, I moved into NHS hospital radio where I had a blast cheering up patients, staff and visitors on the Breakfast Show. I have also been interviewed by BBC more times than I can remember.
I started an internet radio station with a friend of mine that became very successful but due to poor health I had to give that up. I then started to do live shows on some FM, DAB and internet stations around the world. Hence my weekly show, sharing my passion with listeners throughout the world.
Ek was gebore en het grootgeword in Kaapstad. Van kleins af het my ouers my blootgestel aan die vermaaklikheids wêreld en ‘n verskeidenheid van musiek, teater, toneel en opvoerings van alle soorte en hierdie ervaring dra ek met my nog reg deur my lewe. Ek het dans en musiek klasse geneem, deelgeneem aan optredes soos skoolkonserte en danskompetisies, en na skool gekwalifiseer as Latyns Amerikaans instrukteur wat ek vir ‘n paar jaar voltyds aangebied het en doen dit nou deeltyds as privaat en groepklasse.
Die sing gogga het my gebyt in my laat 20s en van toe af tree ek op by funksies. Ek speel ook ‘Old Skool’ Musiek vir partytjies en geleenthede en het jare se ondervinding as ‘events’ koördineerder.
My passie is ook om stemwerk te doen vir Radio/TV Stories, Programme en Advertensies, en als wat ‘n stem benodig in die industrie. Die geleentheid om die “Toeka se Treffers” Program aan te bied op Kaapstad Radio en luisteraars terug te neem na die wonderlike herinneringe van Goue Oue musiek, is ‘n seëning en wonderlike geleentheid en ‘n kombinasie van dit wat my na aan die hart lê. Dit maak my super opgewonde en ek is dankbaar om deel te wees van die Kaapstad Radio Wen Span!!


Attie Rall
Ruan Koorts

Darius Stanford
OMROEPER | KAAPSE COUNTRY
OMROEPER | KLEIN SATERDAG
OMROEPER | KAAPSE MAKIETIE

Doppies Van Lill

Leandri Wilders
Ek is gebore in die Kaap, en sal hierdie plek vir niks ruil nie. Kaapstad en sy mense is net uniek. Kaap se mense is bekend vir braai en party, en sonder musiek os dit onmoontlik. Musiek het nog altyd n belangrike rol in my lewe gespeel, en ek het al die voorreg gehad om trivia aan te bied en die mikrofoon gogga het my gebyt. In 2020 het ek aan n kompetisie deel geneem om n omroeper te word en die res is geskiedenis. Dit was die begin van n droom wat bewaarheid was. Om saam met mede omroepers te werk en n rasiostasie na groter hoogtes neem, is n gevoel wat geen persoon kan beskryf nie. Sonder ons luisteraars sal dit ook nie moontlik wees nie, en sal nooit genoeg dankie kan sê nie. Ek streef met elke program om iets positief in iemand se lewe te wees.
Groete
