Acerca de

Soutwaterheks Banner.png

Die Soutwaterheks

Maandae 18:30 & Woensdae Aande 19:30

EPISODE 1 — DIE SOUTWATERHEKS. (Maandag 13 September 2021)

Spelers in hierdie episode:

    FRANS BAKER - Francois Coertze

    BELINDA - Annette Havenga

    HANS CLAASSEN - Deon Botha

    DANIE BRINK - Jurgen Bosman

Welkom in Bloubaai! Ons ontmoet vyf van die inwoners en ontdek dat elkeen maar sy eie persoonlike probleme het, party meer ernstig as ander...

FRANS BAKER moet 'n jaarlikse inspeksie op een van sy trawlers DIE SEEHEKS gaan doen, maar dis iets waarna hy nie juis uitsien nie!

EPISODE 2 — ONVERWAGSE BESOEKERS (Maandag 20 September 2021)

Spelers in hierdie episode:    

      FRANS BAKER - Francois Coertze    

      KAPT. JOHN KEARNEY  - Pieter Theron    

      JANTJIES  - Riaan Visman

Die inspeksie op die boot verloop bo verwagting goed en die pille wat Belinda vir Frans gegee het lyk of dit werk. Dis vroegoggend en terwyl die son sy kop op die horison lig, gesels Kearney en Frans op die brug. Die gesprek dwaal in die rigting van Belinda en haar lewe. Jantjies sien iets op die horison en die nuwe dag neem 'n onverwagse wending wat hul lewens vir altyd verander!

EPISODE 4 — SIEN IS GLO (Maandag 4 Oktober 2021)

Spelers in hierdie episode:

       Frans Baker - Francois Coertze

       Kapt. Kearney - Pieter Theron

       Jantjies  - Riaan Visman

      Danie Brink - Jurgen Bosman

      Hans Claassen - Deon Botha

Frans, Kearney en Jantjies sit in die Drie Ankers en probeer die dag se gebeure in 'n glas verdrink. Brink probeer uitvind wat gebeur het en hulle besluit om hom in hul vertroue te neem. Hans Claassen daag onverwags op om dinge verder te vertroebel en hy dring daarop aan dat hulle dit wat gebeur het publiek moet maak.

EPISODE 3  — 'N NOUE ONTKOMING (Maandag 27 September 2021)

Spelers in hierdie episode:

    FRANS BAKER - Francois Coertze

    KAPT. JOHN KEARNEY  - Pieter Theron

    JANTJIES  - Riaan Visman

Die vreemde helikopters en boot raak dreigend en Frans beveel Kearney om die vangs te los en uit die gebied te vertrek. 'n Ontstoke Kearney het geen ander keuse as om die Seeheks huiswaarts te mik nie, maar dan gebeur daar iets wat Kearney meer vrees as die vreemde swart helikopters. ʼn Fratstorm bars vanuit nêrens om hulle los. Die monsteragtige storm vernietig die dreigende swart helikopters en hulle vrees vir hul lewens, maar dan verdwyn die storm weer net so vinning as wat dit gekom het! Frans is verbysterd oor wat gebeur het, maar Kearney sê hy weet wat dit veroorsaak het.

Wat volgende gebeur het niemand verwag nie...

EPISODE 5 —  DIE SOUTWATERENGELE (Maandag 11 Oktober 2021)

Spelers in hierdie episode:

       Frans Baker - Francois Coertze

       Kapt. Kearney - Pieter Theron

       Jantjies  - Riaan Visman

       Danie Brink - Jurgen Bosman

       Belinda Tutton - Annette Havenga

Dis laat en Brink moet die Drie Ankers sluit. Die bedremmelde groepie vertrek elk na hul wonings. Frans brand vas in sy kantoor waar hy sy ontnugtering oor die dag se gebeur verder in 'n bottel probeer verdrink. Belinda daag op om te kom kyk waar hy is nadat Kearney bekommerd geraak het.

EPISODE 6 —  DAAR'S 'N MEERMIN OP JOU STOEP (Maandag 18 Oktober 2021)

Rolverdeling in hierdie episode:

       Frans Baker - Francois Coertze

       Kapt. Kearney - Pieter Theron

       Belinda Tutton - Annette Havenga

In hierdie episode:

Belinda kry Frans uiteindelik by die huis en jaag hom sterk koffie in om sy besopenheid effens op te klaar. Hy raak egter persoonlik en sê goed wat Belinda ontstel. Sy dreig om te loop en haar bedanking die volgende dag in te dien. Frans skrik homself effens nugter. Belinda wag dat hy sy koffie klaar drink en plaas hom in die bed. 

Vroeg die volgende oggend bel Kaptein Kearney Frans wakker en deel hom geskok mee dat mans in swart hom besoek het en dat hulle dopgehou word. 

Dis egter nie al skok wat op hom wag nie...

EPISODE 7 —  VREEMDE TONGE, VREEMDE VLEES (Maandag 25 Oktober 2021)

Spelers in hierdie episode:

Frans Baker - Francois Coertze

Salacia - Elzáhn Dorfling

Belinda Tutton - Annette Havenga

In hierdie episode:

Frans het 'n baie groot en pragtige probleem op sy hande en in sy badkamer... in sy bad en in sy bed!

Hy leer baie vinning dat daar veel meer in sy beeldskone besoeker uit die dieptes steek as wat hy in sy wildste drome kon optower en dat wat die wêreld van homo-serina weet totaal verkeer is, terwyl hulle alles van ons wêreld weet.

Intussen verswak sy verhouding met Belinda 'n stap verder...

Nog Episodes Volg.